Ns. Skrywershuis

Ns. SKRYWERSHUIS bied jou ‘n platform om jou boek te publiseer, te bemark en te verkoop. Jou uitgewer, jou aanlyn boekwinkel.

Ns. Kreatiewe Ontwerp en Ns. Skrywershuis is familie en woon saam in een huis. 

DIE ARGITEK VAN JOU PUBLIKASIE

Wanneer skryf in jou bloed is, is daar net een gróót droom – jou eie boek in jou hande. Hierdie uitgewer wil jou help om jou droom ‘n werklikheid te maak.

Een van die kosbaarste dinge in die lewe is wanneer ʼn droom waar word. Om die pakkie oop te skeur en jou boek te sien, te voel, te ruik. Dit is ʼn onbeskryflike ervaring!

Uitgewers word oorval met manuskripte. Sommiges beplan so ver soos 18 maande vooruit en neem niks meer in as wat hulle reeds op rekord het nie. Veral nuwe skrywers se kanse om raakgesien te word in die massa, is klein. Weens die wye verskeidenheid en oormaat, val goeie skryfwerk soms deur die krake. Talentvolle, nuwe skrywers word ontmoedig en ongemotiveerd.

As uitgewer kan ons jou help om onafhanklik jou boek te publiseer. Ons beskou onsself as die argitek van jou publikasie. Om ’n huis te bou, benodig ’n bouer planne. Om ’n boek te publiseer, word ook planne benodig. Ons beskik oor daardie planne.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *