Mediavrystelling

PROJEK : GEBEDEBOEK VIR BOERE

Hierdie projek het ten doel om die belangrikheid van die boer te beklemtoon en terselfdertyd fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle. Die idee van die gebedeboek moet die boodskap dra dat die inwoners van Suid-Afrika omgee vir die boere en besorg is oor hul veiligheid.

Die tema vir hierdie gebedeboek is:

  • Gebede vir die veiligheid van plaasboere, hulle gesinne en hul werkers.
  • Gebede vir troos vir slagoffers van plaasmoorde.
  • Gebede vir verandering, bystand, vergifnis, wysheid, goeie leierskap en vir God se genade, asook seën oor die boere en al die mense van ons land.

Van Suid-Afrika se bekendes, o.a. mejuffroue Suid-Afrika, sangers, radio- en TV-persoonlikhede, digters, skrywers en entrepreneurs asook oorsese kunstenaars is genader om bydraes te lewer – ʼn gebed, gedig, die woorde van hul liedjie, ensovoorts. Verskeie bydraes is reeds ontvang. Elke inskrywing word saam met ’n profielfoto van die skrywer geplaas. Lede van die publiek word genooi om deel te neem. ’n Fooi van R100 word per item gevra om die drukkoste te dek. Oorblywende fondse en winste verkry uit verkope sal geskenk word vir hulp aan slagoffers.

Die projek is die breinkind van Nico Schamrel, skrywer van Uitenhage in die Oos-Kaap en word onder die vaandel van NS Liefdesdiens / NS Act of love – ʼn niewinsgewende platform – bestuur. Anneline Kriel-Bacon (Mej. Wêreld 1974), is ambassadeur van hierdie projek en haar Suid-Afrikaanse bestuurder, Leonard Arendt, tree op as assistent.

Sluitingsdatum vir bydraes is 31 Desember 2020. Die beoogde vrystellingsdatum is einde Januarie 2021.

Bydraes in enige landstaal kan – in Word-formaat en maksimum van 150 woorde – gestuur word na nicoschamrel@gmail.com. Gedigte moet kort wees. Geen rassistiese werk of enigiets wat ander benadeel, sal aanvaar word nie. Alle bydraes moet oorspronklike werk wees.

Skrywers behou kopiereg. Deur ’n inskrywing in te stuur, word toestemming aan NS Liefdesdiens verleen om die bydraes te publiseer.

Vir verdere inligting: www.nicoschamrel.com. Klik op die NS Liefdadigheid-knoppie of skakel Nico Schamrel by 079 070 6465.

BANKBESONDERHEDE

Capitec Bank

Bankkode: 470010

Rekeningnaam: NS Act of love

Rekening no: 1736577741

Verwysing: Naam en van