NS Boekwinkel

ELKE BOEK IS NOU BESKIKBAAR! Bestel direk by die skrywer. Pryse sluit PAXI-fooi uit. (Aflewering). 

KOSTER – Nico Schamrel

GENRE: Romanse, moord- en speurverhaal, drama, intiriges, spanning. PRYS: R140.00

WAAROOR HANDEL DIE BOEK?

‘n Man se verlede word herbesoek toe ‘n vrou ‘n poskaart na hom bring en na die graf van ‘n vrou navraag doen. Dit is verraad, kranksinnigheid en verdoeseling, manipulasie en leuens. Alles lei tot ‘n skokkende einde wat woordeloos laat. Die leser word aan die raai gehou tot op die laaste.

SINOPSIS:

Wie is Koster regtig?

Selfs in hierdie rustigheid voel dit soms hoe die verlede hom wil inhaal. Hoe hy steeds oor sy skouer moet kyk, sonder enige rede, want sy verlede lê twintig jaar terug begrawe en lankal vergete. Die enigste een wat onthou, is hy wat daarmee saamleef. Sal sy verlede op die doeke kom? Wanneer hierdie gevoel hom klem en smoor word hy angstig en dit voel of sy horison al hoe nader sluip. ʼn Beklemming binne ʼn bedwangbaadjie met ʼn leer stang in jou mond waarop jy byt tot jou tandvleis bloei.

Juis nóú wanneer sy lewe weer normaal voel, daag ʼn vrou by sy deur op om hom uit sy gemaksone te slinger. Waarna is sy opsoek?

Soms is dit jou gewete wat jou gevange hou en ander kere is dit mense.

ʼn Spinnekop het spintepeltjies wat sydraadjies afskei om hul prooi te vang; spin toe die prooi, versmoor tot ʼn leë dop. Spinnekopmense het kettings, slotte, boeie en pille waarmee hulle jou manipuleer tot jy ʼn leë dop is.

ʼn Afvlerk duif kan nie vlieg nie.

SONDEBOK SWARTSKAAP – Nico Schamrel

GENRE: Roman, drama, tragedie, intriges PRYS: R140.00

SINOPSIS: Wraak, liefde, sonde, verlange, oneerlikheid, hoogmoed, geheime en geloof – alles hou ʼn verband met mekaar en almal word deel van mekaar se lewe, of dit reg of verkeerd is.

Liena Kleingeld se verlange na die waarheid bring haar terug na die wit kind met die blonde kuif. Maar wraak bring tragedie en ʼn jong vrou se liefde vir haar man word tot die uiterste beproef. Elkeen het sy eie geheime – sommige is swart en ander s’n sonde.

Daar was een engel wat gereeld geruisloos verby gevlieg het. Altyd met ʼn sonneblom in die een hand en ʼn swaard in die ander hand. Een ding is verseker: jy lieg en bedrieg nie vir die engel nie. Jou woord moet jou eer wees.

Ongelukkig was dit die probleem met die sondebokke en die swartskape – nie almal van hulle se woord was hul eer nie.

Vir die wat goed was, was daar altyd ʼn goudgeel sonneblom. Vir die wat nie so goed was nie, was daar die swaard.

DIE GRIESELS VAN POESPASVLEI (Deel 2)

Roman, komedie. Outeur: Nico Schamrel. NOU BESKIKBAAR as slapband en elektroniese boek.

GENRE: Komedie, roman, lekkerlees boek PRYS: R140.00

OPVOLG VAN DEEL 1

DIE GRIESELS VAN POESPASVLEI (Deel 2)

SINOPSIS:

Tant Goedjie se no name teeblare voorspel groot dinge, maar Tillie verstaan daarvan niks.

’n Warm Delilah, ’n matroos en sy boot, ’n pes soos pokkies, ’n engel met ’n stok en ’n tsotsi tokkelossie – dít is net die begin van ’n storm in Tillie se teekoppie.

Fanie Flopgekom ontmoet ’n cherry met berry red lippe en sy hart klop baby tjoklits. Is daar helaas romanse is in die lug?

’n Nuwe intrekker verras almal – ’n jongman wat homself voorberei op ’n groot gebeurtenis in sy lewe. Maar hy moet kies tussen sy tradisie en op sy knieë gaan. Sal hy alles kan prysgee, die bespotting verdra en as ’n held beskou word?

Frik kry ’n skokstok en goeie nuus, maar wat word van Crook Koekemoer en sy Orania-droom?

Die Griesels van Poespasvlei laat hulle nie onder kry nie – daarvoor is daar heeltemal te veel aksie; hartseer en verlange, dankbaarheid en kommer laat Tillie aan ’n prent dink. Toe gaan Tillie en sy bid in haar eie tuin van Getsémané …          

DIE GRIESELS VAN POESPASVLEI (Deel 1) – roman, komedie. Outeur: Nico Schamrel – R145.00 (posgeld uitgesluit) en R205.00 (posgeld ingesluit). Nou beskikbaar in Suid-Afrika as slapband – bestel nicoschamrel@gmail.com

Omslag VOL

SINOPSIS:

Van struggle en suffer kan jy die Griessels niks vertel nie. Myn-blaster Frik blaas alles op; as dit nie die stock car No. 10 is nie, is dit die brug op die N2. Die tweeling sukkel met die eenmaaltafel, Fanny is vreemd omdat sy van die begraafplaas kom en Kees kom van onder die pienk lakens, die dat hy skeeftrek.

Neef Fanie Flopgekom dra ook by as car guard. Al wat hy nog kort is ’n cherry, maar hy het darem ’n video. Doorsie het ’n geheime tatoe waarmee sy almal op hul tone hou en haar lewensmaat, Letitia, ken van WWE stoei. Ma-Popsie tel die sterre en stop onderbroeke, al het sy ’n slap nek. Daar is net een hond soos Blackie, die enigste swarte in Poespasvlei. Tillie wil uit die stof opstaan. Sy kort net ’n naaimasjien en ’n showstopper. Haar baai-en-sel verkoop die beste gerookte hoenders.

Daar is ook die erns; die baksteen wat binne jou lê, gebreekte mense met hulle eie pyn.

Hoe kom jy weer bo-uit as jy net stof om jou sien?

BESTEL per e-pos: nicoschamrel@gmail.com

STEPPIE LYK SOOS HEUNINGWAS – roman, drama, gebaseer op ware gebeure. Outeur: Nico Schamrel – R250.00

OMSLAG AMAZON STEPPIE

SINOPSIS:

Van haar kosbaarste besittings is ’n prent van beeste, dagboeke en haar kansellap. Die mees kosbaarste van alles, meer as haar eie geluk – haar spesiale seun, Tos.

Die groot vloed was God se straf. Sy vlug weg van die skim op ’n swart perd. Saam met haar is die ding waaroor kadawer-asem grynslag – ’n satanpes.

Al wat Steppie voor vra is vergifnis en om weer op haar heuwel te sit. Dalk aanskou sy ’n wonderwerk?

Sal dít haar finale oorwinning wees of moet sy verder boet vir haar sonde?

Daar is orals wonderwerke – jy moet net dieper kyk.

E-boek of slapband bestelling: http://amazon.com/author/nico-schamrel

SELF-PUBLIKASIE BEMARKING – outeur: Nico Schamrel – Handleiding vir skrywers wat self wil publiseer

1597215519-removebg-preview transparent

SINOPSIS

Jou stap-vir-stap handleiding oor self-publikasie, uitgewers en goeie idees om jou boek te bemark. Die skrywer deel sy ondervinding en kennis met die leser en neem jou op die pad na ‘n suksesvolle publikasie. Dit dek ook jou outeursreg volgens die Suid-Afrikaanse Wet en maak jou bewus van slaggate. Indien jy meer wil weet oor dienslewering, omslagontwerp en tipografie, is hierdie handleiding uiters handig en insiggewend. Daar word veral op bemarking gefokus en ʼn lys van diensverskaffers verskyn agter in die handleiding. Daar is ook goeie raad om die beste uitgewer te kies vir self-publikasie. Met ‘n tikkie humor word die pad na sukses soveel korter!

BESKIKBAAR AS: E-boek op Amazon https://www.amazon.com/gp/product/B08FMV6ZGS/ref=dbs_a_def_rwt_bibl_vppi_i4

PRENTE IN MY KOP  – Kortverhaalbundel. Outeur: Nico Schamrel

PRENTE OMSLAG

SINOPSIS:

Foto’s en prente vertel ʼn storie deur die oog van ʼn fotograaf of kunstenaar. Dit wek emosies, misterie en soms ʼn absurditeit wat jou gedagtes stimuleer, dit skep beelde en roep herinneringe op.

Die skrywer verwerk hierdie indrukke en omskryf dit in verhale waarin alledaagse gebeure ʼn wedergeboorte ervaar. Herinneringe uit die skrywer se kinderdae op sy tuisdorp word veral in besonder beskryf in sy verhale – Witter as sneeu en Ma kan toor.

Elke kortverhaal word met ʼn foto geplaas sodat die leser die verhaal daarmee kan vereenselwig.

AMAZON BESTELLING: https://www.amazon.com/Nico-Schamrel/e/B0813XMFYL%3Fref=dbs_a_mng_rwt_scns_share

ENGELA – kortverhaalbundel. Outeur: Nico Schamrel

Plaaslike gedrukte boek is uitverkoop. Net beskikbaar by AMAZON.

1573122942

Hierdie bundel is ’n samevoeging van verskeie kortverhale wat uiteenlopende emosies wek – hartseer, geluk, liefde en die onvermydelike intriges van menswees. Dit lei tot vrae, antwoorde en soms die onverklaarbare.

Die twee kortverhale oor Engela, is ’n huldeblyk aan die skrywer se ma.

RESENSIE – deur Prof. dr. GJ van Jaarsveld (em.) D.Lit. (UV), MA (RAU), THOD (NKP)

“In jou kop is jou drome en jou stories; jou eie wêreld, ’n fantasie met verbeeldingsvlugte vol wonderwerke. Dit wat nie mooi is nie, kan jy inkleur in jou kop.”

Die aanhaling kom uit een van Nico se kortverhale in hierdie bundel. Hy kon nie sy eie skryfwerk beter beskryf het nie! Dit beskryf presies wat hy doen. Hy het die gawe om uit ‘n eenvoudige storielyn fantasie op te tower. Met fyn nuanses lok hy die leser om dieper te lees en emosies te ervaar as wat soms aardse, eenvoudige karakters sou suggereer en wat aan elkeen van sy stories ‘n diep menslike karakter gee. Hy stel ons voor aan karakters wat groter is en meer beleef as die hier en nou. Hy vleg temas uit folklore, legendes en sprokies en dikwels uit die Bybel vernuftig in die konstruksie van sy verhale in en bring dit tot diepsinnige en verrassende ontknopings. Die eg menslike stories grens dikwels aan die bonatuurlike en feëtjieverhale met ‘n ryk simboliek. Hy trek jou tot binne-in die stories met haarfyn beskrywings van die situasies en atmosfeer.

Nico kleur elke verhaal in met verrassende, glashelder, visuele tonele. Hy put ryklik uit die natuur en jy kan dit as’t ware sintuiglik ervaar deur sy fyn en raak beskrywings. Hy munt die skat van die Afrikaanse taal in ongewone, funksionele beskrywings; in die gebruik van idiome; metafore en vergelykings, en in ongewone woordkeuses.  In bykans paragraaf na paragraaf staan jy verstom oor die skrywer se ryk woordeskat; sy spel met die taal; die maklike wisseling tussen die letterlike en die figuurlike. Verhale wat so ingekleur is, is net ‘n genot om te lees!

Lesers moet nie verwag om die tipiese tydskrifkortverhale in die bundel te lees nie. Sy verhale is in ‘n klas van hulle eie; vir die fynproewer tot oneindige genot; vir voornemende skrywers ‘n literêre les. Vir ons ander? Lees self!

Dankie Nico, vir jou kop vol stories; vir hierdie wonder-werk en dankie dat jy dit vir ons so mooi inkleur.

Baie geluk met ’n pragtige bundel!

E-boek of slapband bestelling: http://amazon.com/author/nico-schamrel

 

ROOI PAPAWERS – speur- en moordverhaal. Outeur: Nico Schamrel (E-boek of publikasie).

smartmockups_k4zdv60ssmartmockups_k4zaesa3

SINOPSIS

Drie gedempte skote. Sy val vorentoe oor die ruglening van die stoel. Haar hare glip elegant na vore, haar arms slap.

Drie koeëlwonde.

Drie rooi papawers.

Ses raaiselagtige moorde wat deur Erwee, Gert en Karla opgelos moet word, terwyl dit die leser boei met interessante en onvoorspelbare wendings.

Kommentaar: ‘n Onheilspellende moordverhaal wat kriewelinge langs jou rugraat laat afloop. Nico Schamrel vleg en tooi genadeloos met sy lesers se emosies en vrese in hierdie tergende moordstorie waarin die leser op en wakker tussen die lyne moet lees. – Hasepad Uitgewers.

E-boek of slapband bestelling: http://amazon.com/author/nico-schamrel

AMAZON: http://amazon.com/author/nico-schamrel

HASEPAD UITGEWERS: http://www.hasepad.com/#nico