Sondebok, swartskaap

Sondebok, swartskaap

Wraak, liefde, sonde, verlange, oneerlikheid, hoogmoed, geheime en geloof – alles hou verband met mekaar en word deel van mekaar se lewe, reg of verkeerd.

Liena Kleingeld se verlange na die waarheid bring haar terug na die wit kind met die blonde kuif. Maar wraak bring tragedie en ʼn jong vrou se liefde vir haar man word tot die uiterste beproef. Só het elkeen sy eie geheime – sommige is swart en ander s’n sonde.
Daar was een engel wat gereeld geruisloos verby gevlieg het. Altyd met ʼn sonneblom in die een hand en ʼn swaard in die ander hand. Een ding is verseker: jy lieg en bedrieg nie vir die engel nie. Jou woord moet jou eer wees.
Ongelukkig was dit die probleem met die sondebokke en die swartskape – nie almal van hulle se woord was hul eer nie.
Vir die wat goed was, was daar altyd ʼn goudgeel sonneblom. Vir die wat nie so goed was nie, was daar die swaard.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Drama, Roman, Spanningsverhaal
ASIN: B08RJGTZ4X
ISBN: 9798588021029
Book Club Resources
Order Now
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon
About the Author
Nico Schamrel

Gebore en getoë op Uitenhage. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Andrew Rabie in Port Elizabeth en na vele omwentelings in sy lewe, keer hy terug na sy geboortedorp.
Nico skryf al van kleintyd af, maar het dit nooit in ʼn ernstige lig gesien nie.
Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel ‘Prentjies in my kop’.
RESENSIE – Engela: "In bykans paragraaf na paragraaf staan jy verstom oor die skrywer se ryk woordeskat; sy spel met die taal; die maklike wisseling tussen die letterlike en die figuurlike. Verhale wat so ingekleur is, is net 'n genot om te lees!" - Prof. dr. GJ van Jaarsveld (em.) D.Lit. (UV), MA (RAU), THOD (NKP)
Sy boek ‘Steppie lyk soos heuningwas’ ontvang ʼn goeie resensie wat in LitNet gepubliseer is.
Hy beywer hom ter bevordering van die Afrikaanse verhaalkuns as stigterlid van PENdit.za en is 'n kampvegter vir die behoud van Afrikaans.
"God gee jou talente as geskenk en daarmee moet jy woeker. Afrikaans is 'n wonderlike godgegewe taal. Ek skryf omdat dit my passie is, die liefde vir my taal en om saam met ander my moedertaal aan die lewe te hou."
Nico is tans besig met ʼn gebedsboek vir slagoffers van plaasmoorde, met die samewerking van bekendes in Suid-Afrika. Dit sal binnekort aangekondig word.

Preview
Disclosure of Material Connection: Some of the links in the page above are "affiliate links." This means if you click on the link and purchase the item, I will receive an affiliate commission. I am disclosing this in accordance with the Federal Trade Commission's 16 CFR, Part 255: "Guides Concerning the Use of Endorsements and Testimonials in Advertising."