Nico Schamrel

Gebore en getoë op Uitenhage. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Andrew Rabie in Port Elizabeth en na vele omwentelings in sy lewe, keer hy terug na sy geboortedorp.
Nico skryf al van kleintyd af, maar het dit nooit in ʼn ernstige lig gesien nie.
Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook ‘n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel ‘Prentjies in my kop’.
RESENSIE – Engela: “In bykans paragraaf na paragraaf staan jy verstom oor die skrywer se ryk woordeskat; sy spel met die taal; die maklike wisseling tussen die letterlike en die figuurlike. Verhale wat so ingekleur is, is net ‘n genot om te lees!” – Prof. dr. GJ van Jaarsveld (em.) D.Lit. (UV), MA (RAU), THOD (NKP)
Sy boek ‘Steppie lyk soos heuningwas’ ontvang ʼn goeie resensie wat in LitNet gepubliseer is.
Hy beywer hom ter bevordering van die Afrikaanse verhaalkuns as stigterlid van PENdit.za en is ‘n kampvegter vir die behoud van Afrikaans.
“God gee jou talente as geskenk en daarmee moet jy woeker. Afrikaans is ‘n wonderlike godgegewe taal. Ek skryf omdat dit my passie is, die liefde vir my taal en om saam met ander my moedertaal aan die lewe te hou.”
Nico is tans besig met ʼn gebedsboek vir slagoffers van plaasmoorde, met die samewerking van bekendes in Suid-Afrika. Dit sal binnekort aangekondig word.

Koster

Koster

Hoe hy steeds oor sy skouer moet kyk, sonder enige rede, want sy verlede lê twintig jaar terug begrawe en lankal vergete. Die enigste een wat onthou, is hy wat daarmee saamleef. Sal sy verlede op die doeke kom? Wanneer hierdie gevoel hom klem en smoor word hy angstig en dit voel of sy horison al hoe nader sluip. ʼn Beklemming binne ʼn bedwangbaadjie met ʼn leer stang in jou mond waarop jy byt tot jou tandvleis bloei.

Juis nóú wanneer sy lewe weer normaal voel, daag ʼn vrou by sy deur op om hom uit sy gemaksone te slinger. Waarna is sy opsoek?

Soms is dit jou gewete wat jou gevange hou en ander kere is dit mense.

ʼn Spinnekop het spintepeltjies wat sydraadjies afskei om hul prooi te vang; spin toe die prooi, versmoor tot ʼn leë dop. Spinnekopmense het kettings, slotte, boeie en pille waarmee hulle jou manipuleer tot jy ʼn leë dop is.

ʼn Afvlerk duif kan nie vlieg nie.

More info →
Buy now!
Sondebok, swartskaap

Sondebok, swartskaap

Liena Kleingeld se verlange na die waarheid bring haar terug na die wit kind met die blonde kuif. Maar wraak bring tragedie en ʼn jong vrou se liefde vir haar man word tot die uiterste beproef. Só het elkeen sy eie geheime – sommige is swart en ander s’n sonde.
Daar was een engel wat gereeld geruisloos verby gevlieg het. Altyd met ʼn sonneblom in die een hand en ʼn swaard in die ander hand. Een ding is verseker: jy lieg en bedrieg nie vir die engel nie. Jou woord moet jou eer wees.
Ongelukkig was dit die probleem met die sondebokke en die swartskape – nie almal van hulle se woord was hul eer nie.
Vir die wat goed was, was daar altyd ʼn goudgeel sonneblom. Vir die wat nie so goed was nie, was daar die swaard.

More info →
Buy now!